SKU: 39351584276

Die heelal op my tong

Sale price$121.50 Regular price$135.00
Save 10%

Shipping Estimate
USA
  • USA
  • CAN

Ships within 48 hours · Estimated delivery Jul 10 - Jul 15

Promo Codes Available:

For Your Every Summer RSVP, with Code: SUMMER15

Description

Die heelal op my tongElkeen het n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld n kluis in n winkeltrollie sleep. Willemien

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.
 
Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ’n kluis in ’n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ’n afgrond te boender.
 
Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ’n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ’n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees én te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ’n grondeis. ’n Ma wat paniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en ’n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood.
 
Dié is ook die storie van Pa. Húlle pa. ’n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou.
 
Van Kaapstad na San Francisco en ’n dwelmdieet in Sri Lanka – met ontvoerings, partytjies, ’n seksles in Hongkong se hawe en ’n onvermydelike ontmoeting met ’n onbekende man – tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.
Anoeschka von Meck is die skrywer van die wegholsukses Vaselinetjie,  wat meer as 100 000 boeke verkoop het. Dié roman wen die Jan Rabieprys, die mer-prys vir jeuglektuur en ’n M-Net-prys. Die filmweergawe word as beste rolprent by die Silwerskermfees in 2017 bekroon en wen die titel Best Humanitarian Film by die Sedona International Film Festival in 2018.
 
Von Meck, wie se mense boere in die suide van Namibië was, het haar loopbaan as joernalis by Die Republikein  in Windhoek begin. Sy het by verskeie koerante, insluitende Rapport in Kaapstad gewerk. In 2014 word sy aangewys as Beste Harde Nuus- skrywer vir gemeenskapskoerante. Haar eerste roman, Annerkant die longdrop,  verskyn in 1997 en Die Ontwaking: Die lewe van Essie Honiball,  ’n biografie oor dié mistieke denker, in 2010.
 
In 2016 reis Von Meck alleen deur Suid-Afrika en maak sewe maande lank opnames vir Afrikaans.com oor unieke variasies in Afrikaans. Sy durf weer die langpad aan in 2019, hierdie keer om onderhoude met boere in droogte te voer. Net voor die droogte my breek  verskyn dieselfde jaar.
 
Op sestien het Von Meck haar pa oorsee gevolg. Sy het haar skoolrekord met Tipp-Ex vervals en nooit standerd agt voltooi nie. Deur genade alleen word sy later by John F Kennedy University in San Francisco toegelaat, waar sy marinebiologie en vergelykende godsdiens studeer. Later verwerf sy ’n wettige ba-graad in argeologie aan die Universiteit van Kaapstad. Hierna volg ’n hod en ’n meestersgraad in Antieke Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n doktorsgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria.
 
Von Meck woon tans op die platteland en probeer ’n resep vir suiwelvrye kaas te vervolmaak. Sy beskou haarself as ’n interdimensionele ewigheidswese wat oortuig is ’n bonatuurlike lewe behoort die nuwe normaal te wees.

 

Shipping Notes
  • Free Standard Shipping on $100+ Orders to the USA.
  • Except Preorder products are shipped in 48 hours.
  • Delivery to the USA:
  1. Standard Shipping : 3-10 business days
  • If time is of the essence, please consider selecting expedited delivery for faster service.
Exchange/Return Notes
  • We offer a 30-day return/exchange service after receiving.
  • Final sale items are not eligible for returns or exchanges.
  • To process your return/exchange, please contact us at [email protected]
  • Please click here for more details>>> Return & Exchange Policy
SKU: 39351584276

Discover Niche Categories That Outsell

Top-Converting Item to Boost Your Average Order

4.4 ★★★★★
Based on 554 reviews
Sort
Highest Rating
Newest First
Oldest First
Product Reviews
K
Verified Purchase
Kriss Michaud
Natrona Heights, US
★★★★★ 4
Almost perfect
Size: 16 Inch, Size: 16 Inch
Only reason I gave it 4 stars is, they aren’t exactly 90 degrees. I used them on a work bench and I could shim them to be right. If these were a critical component they would be off.
WAS THIS REVIEW HELPFUL?YesReportShare
Reviewed in the United States on February 21, 2026
B
Verified Purchase
bruce thornell
Lake Worth, US
★★★★★ 5
Does what it says
Size: 10 Inch
Does what it says and holds up
WAS THIS REVIEW HELPFUL?YesReportShare
Reviewed in the United States on May 21, 2026
A
Verified Purchase
Amazon Customer
Phoenix, US
★★★★★ 5
Just as described
Size: 20 Inch
Easy installation. All parts are included.
WAS THIS REVIEW HELPFUL?YesReportShare
Reviewed in the United States on May 11, 2026
A
Verified Purchase
Anthony Thompson
Omaha, US
★★★★★ 1
Is not square when in the locked open position.
Size: 24 Inch, Size: 24 Inch
Purchased 2 sets of these to make a folding wing on my workbench. Didn’t expect great quality but did expect 90 degrees. Installed and the end of my 27” wing is 25mm higher than the fixed end. Measured bracket and hypotenuse and ran some quick cosine to discover the bracket is actually 91.286degrees. There is zero adjustment capability on these. Buyer beware
WAS THIS REVIEW HELPFUL?YesReportShare
Reviewed in the United States on February 14, 2026
O
Verified Purchase
orsinos12
Carnegie, US
★★★★★ 5
Good shelf.
Size: 8 Inch
Great small shelf easy to install.
WAS THIS REVIEW HELPFUL?YesReportShare
Reviewed in the United States on April 6, 2026

recommand products